Germania Inferior

Germania Inferior
Die hawetempel van die Colonia Ulpia Traiana (tans in die Argeologiese Park van Xanten)

Germania Inferior ("Laer-Germanië") was 'n Romeinse provinsie wes van die Ryn wat dele van die huidige Nederland, die noordweste van Duitsland en die hele België beslaan het. Dit het in die suide aan Germania Superior ("Bo-Germanië") gegrens. Die provinsie is in die jaar 89 n.C. gestig en het vroeër 'n militêre distrik gevorm wat deel uitgemaak het van Gallië. Die hoofstad van Germania Inferior was Colonia Claudia Ara Agrippinensium (die huidige Keulen).

Die Romeinse leër in die provinsie het bekend gestaan as Exercitus Germaniae Inferioris (letterlik "Leër van Laer-Germanië", vir inskrifte is dikwels die afkorting EXGERINF gebruik) en het tot soveel as vier legioene met bystandstroepe (auxilia) behels.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search